Local newsSchools

Hoërskool Riebeeckrand jukskeispanne presteer by Noordvaal-uitspele

Hoërskool Riebeeckrand se jukskeispanne het nie teleurgestel tydens die Noordval (Direkteurs) uitspele nie.

Hoërskool Riebeeckrand se jukskeispanne het onlangs aan die Noordvaal (Direkteurs) uitspele deelgeneem en uitgeblink.

Kompetisie was taai, maar Riebeeckrand se vier jukskeispanne het nie teleurgestel nie.

Die o16 dogters het ‘n uitmuntende eerste plek verower terwyl die o16 seuns en o19 dogters albei spog met ‘n tweede plek. Laaste maar tog nie die minste nie het die o19 seuns ‘n goeie derde plek verwerf.

Die prestasies stop nie by spanne nie, maar word dit selfs oorgedra aan individue ook.

Hierdie uitblinkers sluit in Deandra Viviers, Danika Viviers, Carla Kitchin, Junior Khumalo en Michael Croukamp. Individuele trofeë was boonop aan hierdie leerders oorhandig.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het oorgeloop van trots en sê die afrigters het ook gelukwense ontvang.

“Dit wil mos gedoen wees. Baie geluk aan elke leerder asook die opofferinge van ons spanne se afrigters, insluitend ons eie Amelia Smit en Jacolene Wales vir hulle toewyding en harde werk met die spanne,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button