Local newsSport

‘n Wedloop in Toekies vir gesin en geloof

Die gemeenskap van Toekomsrus was bemagtig deur 'n wedloop te hardloop vir liggaam en siel.

Die 30e September was ‘n onvergeetlike dag vir die Toekomsrus gemeenskap toe ‘n wedloop vir familie en geloof aangebied is. Dit was veel meer as net ‘n gemiddelde wedloop. Dit het die stryd van die lewe, die belangrikheid van die aanbidding van God en die bemagtiging van gesinne verkondig.

Die afstand afgelê was ‘n 5km wedloop maar jy kon ook stap. Die wenstreep was by die kerk in Plumstraat, Randfontein geleë. Die ingangsfooi vir deelname was R50 vir volwassenes en R20 vir kinders.

Die wenners van die wedloop is met trots aangekondig as Ethan Mahappy, Ofentse Segwe en Tumi Harmse. Ethan het eerste die wenstreep behaal met Ofentse Segwe in die tweede plek en Tumi Harme in derde plek.

Die top 3 wenners is Ofentse Segwe (tweede plek), Ethan Mahappy (eerste plek) en Tumi Harmse (derde plek).

Ethan is ‘n boffin wanneer dit by langafstand-wedlope kom. Hy neem graag deel aan langafstand-atletiek in Randfontein Secondary School (RSS) waar hy skool gaan en spog met die distrik rondte.

Sy ma, Belinda Mahappy, vertel hoe die wedloop haar gunsteling aktiwiteit van die byeenkoms was. Die samekoms van die kerk en haar onwrikbare toewyding vir familie is haar belangrikste prioriteit. Daarom werk sy as opvoeder by RSS om kinders van hierdie prioriteite te verlig.

Leandro Watson het sesde plek behaal en mamma Melandre Louw skroom nie om uit te druk hoe trots sy op haar seun is nie.

Leandro Watson wat die sesde plek behaal het.

Melandre vertel ook hoe sy die wedloop saam met familie en vriende geniet het.

“Dit was ‘n dag vir die gemeenskap om hulself te geniet met liggaamlike en geestelike oefening.”

Gesinne wat aan die wedloop deelgeneem het, het eers ‘n gebed gelees voordat hulle die wedloop begin het. ‘n Dans is uitgevoer en mense kon baljaar en die musiek van die kerk geniet. Daarna het getuienis plaasgevind waar mense hul merkwaardige veldtog erken het om ‘n getroue lid van die kerk te word.

Een van die organiseerders, Faizel Bhana het beklemtoon dat verskeie kulture die oomblik aangegryp het om die Here te loof. Hy het ook kommentaar gelewer oor die grondslag van kinderprobleme.

“Die doel van hierdie byeenkoms was om die evangelie te versprei. Ons wou die kinders ‘n geleentheid bied om hulself te geniet sodat hulle kan ontsnap van die huidige sosiale probleme waarmee hulle vasgevang is. Dit laat hulle toe om te glimlag en soos werklike kinders te voel. Hierdie geleentheid moet die jeug motiveer om gesond te lewe en die regte keuses te maak,” vertel Faizel.

Jackso Nyulu, nog ‘n deelnemer wat intussen ook gestremdheidspoësie skryf.

“Ons as volwassenes is voorbeelde vir kinders. Hulle kyk na ons vir leiding en reëlbepaling. Die manier waarop ons situasies hanteer, sal ons kinders uiteindelik ook leer. Kinders leer by volwassenes,” het sy bygevoeg.

Godsdiens en familie gaan hand aan hand in hierdie gemeenskap. ‘n Deelnemer vertel graag sy siening oor familie.

“Familie-tyd is kosbaar. Dit is verskriklik wonderlik om saam my familie in die kerk voor te kom en om my sister van Klerksdorp te sien. Ek is ‘n familie-man met die behoefte om my familie te beskerm,” vertel Jephet Padayachey.

Related Articles

Back to top button