Local newsSport

Wes-Rand blink uit by Pluimbal SAs

Twee lede van die Wes-Rand Pluimbalklub het weer presteer, dié keer tydens SA's.

Daniël Venter en Danae Conradie, albei 11 jaar oud, het die afgelope vakansie die Wes-Rand Pluimbalklub se naam hoog gehou.

Die sportsterre is gekies om die Suid-Gauteng Pluimbalspan tydens die o13 Suid-Afrikaanse Pluimbal-kampioenskappe in Alberton te verteenwoordig.

Daniël is as kaptein van die span aangewys. Hulle het vierde in SA geëindig uit ‘n totaal van 14 spanne wat deelgeneem het.

Danae het veral beïndruk en die halfeindrondte in die dubbels-kategorie gehaal. Haar goeie vertonings gedurende die toernooi het haar ook ‘n plek in die SA-span verseker en is sy tans die sewende gekeurde speler in die land.

Pluimbal word op Maandae vanaf 17:30 tot 19:00 en Woensdae vanaf 17:30 tot 18:30 by die Key West Action Sports aangebied.

• Navrae: Reaan Immelman by 083 799 2478.

Related Articles

Back to top button