BRIEF: Aan dedda … Ons mis jou verskriklik

'n Dogter van Randfontein skryf hartroerende brief vir haar oorlede pa.

• Karien Dippenaar skryf:

Vandag is dit twee jaar wat dedda se stem stil is.

Dedda se teenwoordigheid is nog steeds voelbaar. Selfs hier waar ek sit en die brief tik. Hoeveel keer het jy nie hier op die bank gesit nie … Hier het jy kom vra vir ‘n kalmeerpilletjie. Lank voor iemand jou pille wat jy na die hartaanval gekry het om te drink nodig gehad het. Ek het nie vrae gehad nie, ek het verstaan soos jy my verstaan, geken en lief gehad het.

Soos jou eie het jy my behandel. Ja, vir jou was ek ‘n kind, nog een van jou kinders … Jy het so baie vir ons gedoen. So baie vir ons kinders gedoen dat dedda sommer net oupa geword het … Op jou eie het jy gesorg dat ons jou nooit, ooit sal kan vergeet nie. Ons hoef jou nie te gaan soek nie, jy is hier en jy gaan saam ons want jy is deel van elkeen van ons. Ons het jou hart vir arme mense geërf. Ons kinders het jou name, jou maniere, jou liefde vir dinge geërf.

Ja, nooit gedink ek sal dit skryf nie want jou werk was miskien nie vir ander mense perfek nie, maar vir ons wat later van ander mos gebruik maak, meer as perfek!

Ons huis was jou huis, jou tuiste wanneer jy gevoel het die lewe druk te veel. Woorde was nie altyd nodig nie. Jou dade het gespreek van liefde, van geduld, van ‘n netheid.

Reg of weg, ja, tweede kanse en probeer maar weer. Probeer dit of dat, Pa sal nou kom kyk. Jy moet net eers self bietjie (baie) sukkel.

Wat sal ons nie gee om net nog een keer te hoor wat is jou oplossing vir ons baie groot probleme wat vir dedda nou nie eintlik ‘n probleempie is nie …

Ons mis jou verskriklik!

Related Articles

Back to top button