Opinion

Buurtwag steeds aktief

As lid van Sektor 5 (3) wil ek graag die buurtwag gelukwens met die suksesse van die afgelope drie jaar.

• Gerhard Kruger, PR Raadslid vir Wyk 2, skryf:

Deur volgehoue optrede en deursettingsvermoë van die afgelope drie jaar is Sektor 5 (3) steeds besig om te groei.

Dié buurtwag is steeds besig om ‘n verskil te maak in die gemeenskap van Middelvlei, Ten Acres en Hillside.

Dit is bewys met die toekenning deur die Randfontein Gemeenskapspolisiërings forum vir die beste spanwerk as landelike patrolleerders gedurende 2012.

As lid van Sektor 5 (3) wil ek graag die buurtwag gelukwens met die suksesse van die afgelope drie jaar.

Om blywende sukses te verseker doen ek ‘n beroep op u as inwoners om betrokke te raak by die aktiewe buurtwag van Sektor 5 (3).

U bydrae, al is dit hoe gering, kan ‘n verskil in ons gemeenskap maak.

Met meer mense betrokke, kan die buurtwag baie meer mense help en sodoende van krag tot krag gaan.

As die gemeenskap op dié wyse saamstaan kan die buurtwag in Sektor 5 (3) groter werk doen en meer mense se veiligheid verseker, en verder die statistieke beveg.

Related Articles

Back to top button