Opinion

Sterkte met die eksamens

Ja dit is weer eksamen tyd en elke leerling is seker al hard besig om voor te berei vir al die groot en moeilike vraestelle.

∙ Piet Rademeyer van Randfontein skryf:

Met byna die helfte van die jaar agter die rug, is dit weer tyd vir elke leerling in die gemeenskap om agter ‘n vraestel in te skuif en die kennis wat hulle gedurende die jaar opgedoen het, op die proef te stel.

Ja dit is weer eksamen tyd en elke leerling is seker al hard besig om voor te berei vir al die groot en moeilike vraestelle.

Ek weet my kind is daagliks agter die boeke en ons kry skaars die tyd om ‘n bietjie saam te kuier, maar ek weet dit is alles vir ‘n doel.

Daarom doen ek ‘n beroep op elke jongmens in die gemeenskap wat tans voorberei vir die eksamen om hard te leer en seker te maak jy ken jou werk voor jy in die eksamenlokaal instap.

Dit is immers die tyd wanneer jy jou toekoms bepaal.

Werk hard, leer hard en jy sal die vrugte van jou werk pluk.

Sterkte aan elke jongmens. Ek weet dit is ‘n baie stresvolle tyd en kan ‘n mens maklik onderkry, maar met God aan jou kant kan jy nie verkeerd gaan nie.

Hou moed, na afloop van die eksamen is daar ‘n lekker lang, koue, wintervakansie wat op julle wag en dan kan julle laat slaap en heeldag in die bed spandeer.

Related Articles

Back to top button