Sport

Gehoorprobleem stop nie sy liefde vir boks

Pieter Smith se liefde vir boks het hom uit die moeilikheid gehou toe hy jonger was.

Al het die 25-jarige Pieter Smith net sowat 15% van sy gehoor, is sy liefde vir boks 100% sterk.
Pieter boks al van die ouderdom van vyf by die Randgate Boksklub. Op 11 het hy ophou boks en Kaapstad toe getrek en weens ‘n motorongeluk amper heeltemal sy gehoor verloor.

Hy vertel dat hy van boks uitgevind het uit pure nuuskierigheid. Sy twee broers het sommige middae verdwyn en Pieter het besluit om hulle te agtervolg om te kyk wat hulle aanvang. Tot sy verbasing vind hy uit dat hulle bokslesse neem.

“Oom Willie Consalves [die hoofafrigter] het my in die pad gekry en gevra wat ek voor die klub maak. Ek het verduidelik dat ek my twee broers agtervolg het en dit is toe dat hy sê ek moet saam gaan boks.”

Pieter het vertel dat hy so baie van boks gehou het dat hy nie kon weg bly nie, en dat dit hom uit die moeilikheid gehou het.

“Ek het nooit boks opgegee nie, al was ek vir omtrent 10 jaar weg het ek nooit my talent vir boks verloor nie.”

Willie vertel dat Pieter en sy broers, Bruce en Adam, teruggekom het Randfontein toe en weer aangesluit by die klub.

“Pieter is besig om baie goed te doen al moet jy maar hard praat terwyl hy boks,” het Wilie vertel.

Willie noem dat toe Pieter eers begin boks het, het hy maar net 14kg geweeg.

Terwyl Pieter in die Kaap gebly het, het hy gehoortoestelle gedra, maar dit is gesteel. Sy wens is om weer gehoorstelle te hê sodat hy weer normaal kan hoor en beter boks.

As enigiemand ‘n paar gehoorstelle het wat hul kan skenk of ‘n gehoortoets kan borg, skakel vir Willie op 083 235 2271.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button