Local news

Poeierverf en pret by die Tuinhekkie

Jonges van Rosemarie Kahn Kleuterskool asook hul ouers het hul gate uit geniet tydens 'n pretdag by die Tuinhekkie.

Die Tuinhekkie se gronde was ‘n skouspel van kleur tydens Rosemarie Kahn Kleuterskool se Obstacle Colour Run Mini-loop op 10 Junie.

• Also read: Westgold celebrates Human Rights Day in colour

Die kleuters asook ouers het hul gate uit geniet en niemand was veilig van die poeierverf nie. Jy moes koes waarookal jy loop.

Sanele Mtshali, Mpiloentle Zulu, Sipho Zulu en Carson Bothma. Foto: Michelle Roodt.

Hoof van die skool, Annezel Meiring het vertel dat hul jaarliks ‘n mini-loop hou ten bate van die skool se instandhouding en vanjaar het hul dit gekombineer met ‘n hindernisbaan en poeierverf-loop.

Ons kleuters was uit hulle velle uit. Almal het heerlik saam gespeel, gekuier en geëet. Ek dink al die gesiggies vol glimlaggies is ‘n goeie bepalende faktor dat die dag beslis ‘n sukses was.”

Talle pret tydens Rosemarie Kahn se mini-loop. Foto: Michelle Roodt.

Sy het gesê dat tydens hierdie wonderlike dag was daar ‘n hindernis-pretstap waar almal mekaar heerlik met die kleurvolle poeierverf gegooi het. Agterna kon die kinders heerlik op die opblaashindernisse speel.

• Also read: Clouds of colour during a colour fun walk at the Greenhills Stadium

“Daar was ook ‘n springkasteel, gesigverf, ‘n baan met vierwielmotorfietse en heerlike kosstalletjies wat pannekoek, worsrolle, yankees, skyfies, pampoenkoekies, waffles-on-a-stick en nog vele meer ingesluit het.”

Talle pret tydens Rosemarie Kahn se mini-loop. Foto: Michelle Roodt.
Chloe Fourie en Zelmie Kleynhans. Foto: Michelle Roodt.
Lumè Viljoen, Everdt Viljoen en Leáney Viljoen. Foto: Michelle Roodt.
Amelia Mechebiche en Rachid Mechebiche. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button