Schools
Vier van Riebeeckrand in ATKV-semifinale
'Ons is geweldig trots op elkeen van ons leerders, dit is werklik 'n groot prestasie!' – Skoolwoordvoerder.
Hoërskool Riebeeckrand is onsettend trots op vier van hul leerders wat plekke behaal het tydens die ATKV-redenaars se semifinale rondte.
• Lees ook: Kinders moet boeke lees – ATKV
Skoolwoordvoerder Carina Collins het verduidelik dat hierdie vier seuns deel vorm van die Top 10.
Baie geluk aan die volgende seuns:
• Armand Martins (graad 9) – derde plek
• Junior Khumalo (graad 11) – derde plek
• Rick van den Berg (graad 12) – derde plek
• Carlo Jacobs (graad 9) – sesde plek
Ons is geweldig trots op elkeen van ons leerders, dit is werklik ‘n groot prestasie!” het Carina vertel.
• Lees ook: Riebeeckranders hou hul naam hoog by ATKV-redenaars