Local sportSport

Randfontein Rugbyklub oorheers Diggers

Al Randfontein Rugbyklub se spanne was aan die wenkant tydens 'n Senior Groot Uitdaagreeks-kragmeting teen Diggers.

Randfontein Rugbyklub het in sy agterplaas, beter bekend as die House of Pain, gemaklik met Diggers van Randburg afgereken tydens ‘n Senior Groot Uitdaagreeks-kragmeting wat op Saterdag, 13 Mei plaasgevind het.

• Lees ook: Teine-eerstes verniel Jaguars 119-0

Direkteur van Rugby, Hennie van Eck het vertel dat die dag groot pret was met Castle en Freddie Hirsch as borge.

Ons het weereens briljante rugby gespeel met al ons spanne aan die wenkant,” het Hennie gesê.

Uitslae:

• o21’s: Teine wen 13-0
• Derde span: Teine wen 25-0
• Tweede span: Teine wen 62-0
• Eerste span: Teine wen 76-10

Marvin Gwekwe. Foto: Billy Sass.

Itu Mpete, wat vir die eerste span uitgedraf het, het drie drieë gedruk en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

“Ons is baie tevrede met ons uitslae en dank almal wat die dag bygewoon het,” het Hennie afgesluit.

• Lees ook: Teine-eerstes speel gelykop teen Simmers

Itu Mpete is as Speler van die Wedstryd aangewys na hy drie drieë aangeteken het. Foto verskaf.

Related Articles

Back to top button