School sportSport

RAM begin nuwe tradisie vir eerste rugbyspan

Die 22 spelers was individueel na vore geroep waar 'n besonderse das aan hul oorhandig is..

Vanjaar het Laerskool Randfontein met ‘n nuwe tradisie vir hul rugbyseuns begin.

Die nuwe rugby-organiseerder, Tarquin Mulder het besluit om vir die eerste keer ‘n RAM Rugby-inhuldiging te hou en dit uniek te maak.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat daar besluit is om aan elke speler ‘n besonderse das te oorhandig.

Andre Lombaard sit met trots sy seun, Michael se das aan. Foto: Annie Nolan.

Lees ook: Plaaslike hekkiesatleet nou vierde in SA

“Hierdie das word Maandae tydens saalopening en voor wedstryde gedra met ‘n RAM-skoolbaadjie,” het Annie verduidelik.

Tarquin het gesê dat hierdie dasse die seuns met eer laat rondloop en laat hul ook belangrik voel vir die skool.

Die inhuldiging is op Donderdag, 20 April na afloop van ‘n wedstryd teen Laerskool Muldersdrif gehou waar die eerste span met ‘n telling van 24-7 gewen het en dit die regte gees geskep vir dié besonderse geleentheid.

RAM se eerste rugbyspan en die borge. Foto: Annie Nolan.

Lees ook: Spog ‘capping’-seremonie vir Rappies-rugbyseuns en netbaldogters

“Tydens die inhuldiging is daar video-boodskappe van vier bekende rugbyspelers vir die spelers en ouers gespeel. Hierdie boodskappe is spesiaal vir RAM se eerste span gestuur. Die boodskappe is te sien op Laerskool Randfontein se Facebook-blad en is deur Ruan Dreyer en Morne van den Berg [albei Leeus], Ruan Steenkamp [Dubai Hurricanes-speler] en Andries Truter [voormalige WP- en Luiperde-verteenwoordiger] gestuur.”

Tarquin Mulder kondig die 22 spelers van die eerste rugbyspan aan. Foto: Annie Nolan.

Annie het verduidelik dat elk van die 22 spelers individueel na vore geroep is waar skoolhoof Leon Haupt ‘n das oorhandig het. Na die tyd het ouers die geleentheid gekry om hul seun se das vir hul aan te sit.

“Die aand is afgesluit met foto’s, terwyl daar aan koffie en eetgoed gesmul is. RAM is opgewonde oor die rugbyliga wat voorlê en verwag groot hoogtes van al ons spelers.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button