Sport

80 vroue by Randfontein Rolbalklub se vrouedag

Vroue vanaf Krugersdorp, Noordheuwel, Discovery en so ver as Randburg het die klub kom ondersteun.

Talle vroue van regoor die Wesrand het bymekaargekom om deel te neem aan die Randfontein Rolbalklub se jaarlikse Ladies Day wat op Woensdag, 19 April plaasgevind het.

President van die klub, Vera Pretorius het vertel dat daar 80 vroue van Krugersdorp, Noordheuwel, Discovery en selfs so ver as Randburg die dag bygewoon het.

Ingrid Vermooten van Krugersdorp.
Anna-Marie Muller, Monika Landman, Marthie Naude en Retha van der Walt.
Kathy Maritz van Krugersdorp.

Lees ook : Rolbalklub domineer hul liga

“Die jaarlikse Ladies Day word gehou om fondse in te samel vir die klub, om ons bane te onderhou en ook ons klub te onderhou want dit is die enigste inkomste wat ons het.”

Alida Hatton-Jones van Krugersdorp.
Carol Phitidis, Gail Cooper, Nelie Schroder en Maureen Love.
Tish Olwagen van Witpoortjie.

Vera het verduidelik dat Lenmed Randfontein Privaat Hospitaal ‘n groot gedeelte van die dag geborg het, hulle het vir al die vroue wat gespeel het griepinspuitings gegee, papsmere aangebied en bloeddruk- en cholesteroltoetse gratis aagebied.

Monica Landsman van Noordheuwel.
Brenda Thompson van Noordheuwel.
Fatima Leitao van Krugersdorp.

Lees ook: Vroue geniet ‘n rolbaldag net vir hulle

Na ‘n heerlike ontbyt het die vroue 18 koppe gespeel en was later bederf met ‘n lekker middagete waar almal saam kon gesels en opvang.

Nelie Schroder van Krugersdorp.
Katrien Alberts, Debbie van der Nest, Jackie Scheepers en Fatima Leitao.
Sanele Cebekhulu en Fortunate Ndaba van Lenmed Randfontein.

Daar was ook gelukkige trekkings gewees en ‘n kontantprys vir die beste speler van die dag.

Eleanor Syme van Krugersdorp.
Ella Oosthuizen, Yvonne Faber, Retha Zwart en Marthie de Jager.
Hester Bothma van Krugersdorp.
Sommige van die pryse vir die gelukkige trekkings.

“Dit was net ‘n klomp vrouens wat bymekaar gekom het om die dag te geniet.”

Sommige items wat verkoop was gedurende die dag.
Tsholofelo Radebe, Yvonne Mokawane en Hetty Mhlongo van Lenmed Randfontein.

Related Articles

Back to top button