Local news

Leon Hefer-troosdiens: Meer as ‘n 1 000 sê totsiens

Familie, vriende en almal wat vir Leon Hefer geken het se harte het gebreek toe hul hom finaal moes groet.

Die welbekende besigheidseienaar en ‘n geliefde inwoner van Randfontein, Leon Hefer, is deur ‘n troosdiens op Donderdag, 6 April, geëer.

Leon Hefer was deur ‘n troosdiens geëer op Donderdag, 6 April. Foto: Michelle Roodt.
Gemeenskapslede het mekaar bygestaan tydens die troosdiens. Foto: Michelle Roodt.

Lees ook: Troosdiens vir Hefer beplan

Die diens was waargeneem deur dr Johan van Staden vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort in Randgate.

Lees ook: ‘Ons gaan Leon oneindig mis’ – Hefer-gesin

Familie, vriende en almal wat vir Leon geken het se harte het gebreek toe hulle hom finaal moes groet.

Leon Hefer se troosdiens het op Donderdag, 6 April plaasgevind. Foto: Michelle Roodt.
Trane het gevloei tydens Leon Hefer se troosdiens. Foto: Michelle Roodt.

Die kerk was stampvol met meer as ‘n 1 000 rouklaers wat vir Leon vaarwel geheet het en mekaar bygestaan het na sy onverwagse dood op 22 Maart. Die kerk, wat ongeveer 700 sitplekke het, was volgepak en ‘n saal was oopgemaak vir nog gemeenskapslede wat toe deur ‘n regstreekse uitsending na die diens geluister het.

Lees ook: Body found in Ivory Park is that of missing businessman Leon Hefer

Voor in die kerk was daar ‘n pragtige foto van Leon langs ‘n kers asook ‘n bos Strelitzia plante.

Leonardo Hefer tydens die troosdiens. Foto: Michelle Roodt.
Leon Hefer se as is langs sy vrou Annelie Hefer geplaas. Foto: Michelle Roodt.

Tydens die diens het dr Johan vertel dat hy lanklaas die gemeenskap so sien saamstaan soos die laaste twee weke. Hy het gesê dat Leon ‘n man was wat sy geloof ernstig opgeneem het. Sy gesinslewe was ook van kardinale belang.

Lees ook: Sionspoort se Buitelugkonsert uitgestel

“Leon het unieke gawes gehad, hy het alles met oorgawe gedoen.”

Hy het verder verduidelik dat Leon lief was vir treinry.

Gemeenskapslede het mekaar bygestaan tydens die troosdiens. Foto: Michelle Roodt.
Leonardo Hefer tydens die troosdiens. Foto: Michelle Roodt.
Meer as ‘n 1 000 mense het Leon Hefer se troosdiens bygewoon. Foto: Michelle Roodt.

Lees ook: UPDATE: Missing businessman last spotted at service station

“Niemand kan al daardie mooi herinneringe wegneem nie, dit sal bly leef. Leon se hart was in sy werk, familie en vriende gewees, geen bose kan die herinneringe aan sy hart verduister of vernietig nie.”

Duiwe was vrygelaat vir Leon na die afloop van die diens. Foto: Michelle Roodt.
Dr Johan van Staden praat tydens die troosdiens. Foto: Michelle Roodt.

Na afloop van die diens het almal buite voor die kerk bymekaargekom waar wit duiwe vrygelaat is ter herinnering aan Leon.

Lees ook: Welbekende besigheidseienaar skielik vermis

Sy seun, Leonardo Hefer, het toe sy pa se vaas (met sy as in) in die gedenkmuur geplaas langs sy oorlede vrou, Annelie Hefer.

Meer as ‘n 1000 mense het Leon Hefer se troosdiens bygewoon. Foto: Michelle Roodt.
Leon Hefer se troosdiens het op Donderdag, 6 April plaasgevind. Foto: Michelle Roodt.
Duiwe was vrygelaat vir Leon na die afloop van die diens. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button