Local news

Plaaslike GPF is daar vir die gemeenskap

GPF-voorsitter Henry Boyce praat oor die belangrike rol wat hul speel in die gemeenskap na bewerings dat hul mense sleg behandel, iets wat hy sê glad nie waar is nie.

As jy aan die verkeerde kant van die wet is in ‘n woonbuurt gaan jy heel waarskynlik met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te doen kry.
Die vraag is, word hul tugaksie binne die raamwerk van die wet gedoen? Plaaslike GPF-voorsitter Henry Boyce verseker jou dit doen.
Boyce het verlede week met die Herald gesels oor die GPF en die belangrike rol wat hulle in ‘n gemeenskap speel.

Hy sê die GPF ‘n groot verantwoordelikheid het in die sin dat hul moet dien en beskerm. Hy verduidelik dat dit wel ‘n groot uitdaging is omdat hulle soms ‘n groot area moet dek. Op die huidige oomblik is hulle oor die 100 patrolleerders in die Randfontein area.

“Ons kan vanaand of môreoggend wanneer ons huistoe gaan, op ons kneë gaan en opkyk na die hemel en vir die Here dankie sê, wetend of onwetend dat ons dalk iets voorkom het. Ons kort nog mense, hande, oë en ore. Die GPF is in sektore verdeel en jy as patrolleerder beweeg in die area waar jy woon, tensy daar hulp gevra word dan word jy gevra om oor die ‘grens’ te gaan.”

Volgens Boyce streef die GPF na ‘n dorp sonder ernstige misdaad, waar mense nog in hul tuine kan sit en nie voel of hulle in ‘n tronk bly nie, in die oggende in die buurt kan draf en kinders kafee toe kan stap.

“Ons kry almal opleiding en kan uitgeken word deur die magnete op ons motors en identiteitskaarte. Die patrolleerders het ook radios, koëlvaste baadjies en ander toerusting om hul veilig te hou.”

GPF-lede mag oortreders arresteer, maar slegs onder die burgerlike arrestasie wet.

“As jy my bel en sê hulle het by jou huis ingebreek en ek kom daar aan en vang die persoon, dan mag ek boeie op hom sit,” sê Boyce.

Hy het ook daarop klem gelê dat die lede nie alleen voertuie van die pad af mag trek nie mits die polisie teenwoordig is en slegs onder instruksie van die offisier wat saam met hulle werk.

“Tensy jy geroof was en die diewe weghardloop en in ‘n kar spring en ry, dan sal ons hul agtervolg, aftrek en arresteer maar die polisie sal dadelik in kennis gestel word.”

Ongelukkig sê Boyce, word daar op die lede gevloek en sleggesê.

“Daar is bewerings dat ons mense aanrand maar dit is glad nie waar nie,” het Boyce gesê.

“As ons byvoorbeeld ‘n krimineel of persoon arresteer is dit gewoonlik die jonger generasie [wat onskuldig voorkom] se ouers wat valse boodskappe uitstuur. Party ouers is nie altyd bewus van wat hulle kinders aanvang nie en dwelms is ongelukkig ‘n groot probleem onder ons jeug. Min mense is bewus dat hulle kinders dwelms gebruik. As ons ‘n gesamentlike operasie met die polisie loods is daar byvoorbeeld tye wat ons dwelms by kinders vind. Hulle het voertuie, hulle gaan staan op ‘n plek en gebruik dwelms, het gewaarlike wapens by hulle en word gearresteer. Outomaties word die GPF verdink, maar hul vergeet hoeveel polisielede ook daar is.”

Hy het daarop klem gelê dat ‘hulle nie doen wat hulle wil nie’.

“Ons werk baie deeglik in die raamwerk van die wet maar as jy aan die verkeerde kant van die wet is dan gaan jy ‘n probleem met ons hê. As jy aan die regte kant is dan gaan jy ons bedank.”

Hy sluit af deur te vra dat mense moet verstaan dat GPF-lede daagliks hul lewens in gevaar stel vir ander en dat hul net ‘n verskil in die gemeenskap probeer maak nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button