Local sportSport

RAM-gholfdag ‘n klinkende sukses

'Ons hou dit as 'n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer' – Skoolhoof.

Talle entoesiastiese gholfers het by die Krugersdop Gholfklub bymekaargekom om Laerskool Randfontein se jaarlikse gholfdag te ondersteun.

Lees ook: Mapogo help gemeenskap deur liefdadigheidsgholfdag

(Agter): Chanel Rautenbach, Sanrie Nell en Mandy Pruis.
(Voor): Marelize Olivier, Celeste Pretorius, Adelle Grobbelaar en Lize-Mari Olivier.
Tiaan Biewenga.
Hannes Muller, Leon Haupt, Andrè Rossouw en Ian Fouchè.

Skoolhoof Leon Haupt het vertel dat dit die skool se derde jaar is wat hul die gholfdag aanbied en dat dit hierdie jaar op 24 Maart plaasgevind het.

“Ons hou dit as ‘n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer.”

Hy het verduidelik dat die fondse wat tydens die dag ingesamel is, aangewend sal word om die skool se tuine en vooraansig te verbeter.

Rinaldo Wright, Eben van der Westhuizen, Dewald Strydom en Ethan Ferreira.
Neels Dannhauser, Aart Oudbier en Tiaan du Plooy.
Divan Faber.

Lees ook: Gholfdag ten bate van kinders in nood

Tydens die dag het die skool die eer gehad om 132 spelers te verwelkom wie almal hul gate uit geniet het.

Dean Weil.
Hannes Muller.
Mark Gay.

“Dit was ‘n wonderlike dag met hope pret en kameraadskap, en baie lekker gees,” het Leon vertel.

Hy wil vir al hul borge, maar spesifiek hul hoofborge EPR Sekuriteit en Firematic bedank.

Kevin van Buuren, Mark Gay, Jaco Erasmus en Dean Weil.

Related Articles

Back to top button