Primary SchoolSchool sportSport

RAM-atleet wen silwer tydens SA’s

'n Dertienjarige dogter van Laerskool Randfontein het 'n puik tweede plek tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Pietermaritzburg losgeslaan.

Laerskool Randfontein is besonders trots op Magdaleen Ernst wat op Dinsdag, 21 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by die Msunduzi Atletiek Sportkompleks in Pietermaritzburg deelgeneem het.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat Magdaleen tydens die SA’s ‘n tweede plek in spiesgooi vir dogters o13 behaal het.

Also read: National Championships: Two REM athletes make the cut

Magdaleen Ernst het tydens die SA-kampioenskappe ‘n tweedeplek behaal in spiesgooi. Foto: Annie Nolan.

“Dis ongelooflik om soveel doelgerigtheid in ‘n dertienjarige dogter te sien. Magdaleen oefen elke dag vir ure lank, onder die wakende en professionele oog van haar pa, Gerrie Ernst en haar broer, Brian, om die gespesialiseerde tegniek van spiesgooi te bemeester.”

Annie het verder vertel dat na jare se harde werk het Magdaleen vanjaar een van haar drome bereik, om aan die SA’s deel te neem.

Also read: RAM-netbaldogters eindig tweede in Super-reeks

Magdaleen Ernst het tydens die SA-kampioenskappe ‘n tweedeplek behaal in spiesgooi. Foto: Annie Nolan.

“Die jong dame het baie mooi drome, nie net in atletiek nie maar ook in krieket, vir die toekoms.”

Magdaleen het die SA’s soos volg beskryf, “Onvergeetlik! Definitief die woord wat ek sal gebruik om die byeenkoms en ervaring te beskryf. Ek voel so geseënd, om so ver te kon kom in atletiek. Dit sou nooit moontlik gewees het sonder my geloof en my ouers. Maak nie saak wat nie, hul is daar vir my!”

Annie het verduidelik dat Magdaleen ‘n ware Rammie is in die sin van die woord.

“Sy is ‘n onderhoofdogter van 2023 en met natuurlike leierseienskappe stel sy ‘n voorbeeld van deursettingsvermoë, doelgerigtheid en nederigheid. Sy is menige klein maat se held en al die graad 1’tjies wil graag eendag soos Magdaleen wees.”

Related Articles

Back to top button