Local news

HT Group SA help gemeenskap met gratis gesondheidstoetse

Die gemeenskap se welstand is belangrik vir die HT Group SA wat onlangs in samewerking met 'n kliniek asook die Departement van Gesondheid 'n welstand-geleentheid aangebied het.

‘n Welstand-geleentheid is onlangs deur HT Group SA by hul kantore in Culemborgpark in samewerking met ML Pessen-kliniek asook die Departement van Gesondheid aangebied.

Direkteur van HT Group SA, Tobie Genis, het gesê hulle doel en visie is om mense van die gemeenskap toegang te gee tot basiese gesondheid en mediese behandeling.

Lees ook: Department of Health intensifies measles campaign

Op die dag het hulle mense gratis ontvang waar papsmere, MIV-, TB-, cholesterol-, bloeddruk- asook prostaatkanker toetse gedoen is.

“Ons is trots op die positiewe uitslae en as iemand wel slegte nuus ontvang het, was hulle vir behaldeling verwys om ‘n beter kwaliteit lewe te kan geniet.”

Lees ook: West Rand Health Department hosts open day in Homelake

Hy het vertel dat hul beoog om later vanjaar weer so ‘n geleentheid te hou en hoop om meer mense in Randfontein te bereik.

Related Articles

Back to top button