Local sportSport

Meer as ‘n halwe eeu van dissipline en eer by boksklub

Jy kan die Randgate Boksklub help groei. Hulle het tans 32 gekwalifiseerde boksers, 20 nuwe boksers, agt afrigters en 'n klomp jonges wat naam wil maak in boks.

Die Randfontein Boksklub bestaan al vir 53 jaar en is volstoom aan die gang om kinders te leer hoe om selfrespek en dissipline te hê.

Lees ook: Boxing Babes

Leané Mclean en Karlien Wilken.
Agter is Etienne Viljoen (borg van Reckless Bear); Erick Wescott; Jason Nienaber; Pieter Smith; Willie Consalves; Grant Theron (hoof borg); Middel is Petri Wilken; Werner Mclean; Daniel Wilken en Nathan Hartmann. Voor is Keenan Kloupas; Annelien Wilken; Nicole Oberholzer; Lee-Aan Hide en Bianca Mclean.

Hoofafrigter by die klub, Willie Consalves, het gesê die algehele doel is om kinders van die strate af te kry en ‘n toekoms in die sport te bied.

Lees ook: Gauteng West Boxing set for four years of expert leadership

“Ons probeer dan ook om vir kinders ‘n veilige hawe te skep.”

Tans het die klub 32 gekwalifiseerde boksers, 20 nuwe boksers en agt afrigters.

Keenan Kloupas en Pieter Smith.
Leané Mclean.

“In al die jare van bestaan het die klub baie Suid-Afrikaanse kampioenskappe en Springbok-titels verwerf. George Gonsalves en sy vrou Bettie het die klub vir 32 jaar bestuur, George was ‘n internasionale afrigter en Bettie was ‘n skeidsregter en beoordelaar gewees.”

Die boksklub spog ook met talle ‘beste bokser’-titels tydens Suid-Afrikaanse toernooie:

• Alisha Rodriguez in 2005
• Louis Matthews in 2013
• Amorie Gonsalves in 2016 en 2017 en sy verteenwoordig ook Suid-Afrika by die Statebondspele in 2017. In 2018 kwalifiseer sy vir die wêreldkampioenskappe in Rusland

“Ons wil nie sien dat die klub ten gronde gaan nie. Ons wil dit aan die gang hou vir die generasies wat nog kom. Ons wil die deure oophou omdat dit die enigste plek is waar kinders gratis kan kom oefen.”

Hy het verduidelik dat hul ook meer mense bewus wil maak van die klub en dat mense hul moet ondersteun.

“Ons beoog ook om ‘n veldtog teen afknouery te stig waar ons die kinders wat geteiken word onder ons vlerk neem en met hulle werk.”

Volgens Willie wil hul ook selfverdedigingklasse aanbied sonder dat daardie persoon ‘n bokser word wie in toernooie deelneem.

Die klub is ‘n nie-winsgewende organisasie wat heeltemal afhanklik is van donasies en borge. Hulle wil ook deur borge en donasies dit moontlik maak vir die kinders om saam te gaan op toere wanneer daar aan toenooie deelgeneem word.

“Ons het die publiek se volle ondersteuning nodig om ons kinders te kan help.”

• Navrae: Kontak vir Werner Mclean by 061 309 2018.

Related Articles

Back to top button