Local news

VLU Middelvlei leer oor pampoene

Hul het ook tydens die vergardering 'n nuwe lid verwelkom.

Die vroue van die Vrouelandbou-unie se Middelvlei-tak het weer bymekaargekom vir hul maandelikse vergardering wat op Donderdag, 9 Maart by Menûchân Koffiewinkel plaasgevind het.

• Lees ook: VLU Middelvlei-tak geniet gesellige oggend

Voorsitter Ria Herbst het vertel dat tydens die vergardering het Pastoor Baba Dippenaar met hulle gesels oor die mosterd saadjie en die dames het dit baie interessant gevind.

Pastoor Barend Kotze het vertel oor hulle Pampoenfees en ook hoe om so groot pampoen te kweek en te pamperlang tot hy groot is.”

Die dames het ook ‘n nuwe lid,Riekie van der Walt, verwelkom waarna hul weer ‘n heerlike ete geniet het.

Pastoor Baba Dippenaar praat met die dames. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button