Local news

Oom Piet en span doen dit self!

Slaggate in Randfontein is niks nuut nie maar danksy 'n paar Goeie Samaritane word iets gedoen.

Danksy Piet Lottering, ook bekend as Oom Piet, en sy span is sekere dele van die dorp se paaie nou weer tiptop en is daar nou ook minder slaggate waaroor motoriste hoef te bekommer.

Die Herald het onlangs verslag gelewer oor Oom Piet wie op sy trekker, tesame met sy werkers Welcome Tshuma en Sydney Leshoedi, die afgelope ruk die Greenhills-begraafplaas skoonmaak. Op die dae wat hulle daar skoonmaak is hulle al van 08:00 besig en werk tot 16:30.

Welcome Tshuma.

“Ons probeer net die begraafplaas netjies hou en dit ‘n beter en veiliger plek vir die dorp maak,” het Piet gesê.

Deesdae, takel hulle slaggate en het vroeg die oggend van Woensdag, Februarie 22 die strate van die dorp ingevaar en aan die werk gespring.

James Kwilika besig om teer te gooi.

Corrie Hudson het 150 sakke teer en ‘n domkrag hamer geborg.

“Ons het ongeveer 08:30 begin werk en was by Randfontein Stasie, Randgate en toe in Homelake.”

James Kwilika en Piet Lottering aan die werk.

Piet het vertel dat hul gedurende die dag 87 slaggate gevul het, en drie ton teer gebruik het.

Hulle het ook ongelooflike positiewe terugvoering vanaf die gemeenskap gekry soos mense wat stop om vir hom en sy span dankie te sê vir wat hulle in die dorp doen.

Sydney Leshoedi.

“Ek doen die omdat ek in Randfontein gebore is en steeds hier woon. Ek wil net weer die dorp mooi hê.”

James Kwilika.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button