NewsSchoolsSport

Elande bo tydens Rappies-interhuis

Daar was 'n gesellige atmosfeer en groot talent ten toon gestel tydens Rappies se interhuis wat nie eers deur aanhoudende kragonderbreking gedemp kon word nie.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul jaarlikse interhuis gehou waar leerders hul beste op die atletiekveld, -baan en pawiljoen gegee het.

Op Woensdag, 18 Januarie was daar ‘n gesellige atmosfeer by Rappies wat nie eers deur aanhoudende kragonderbreking gedemp kon word nie.

“Die atlete was vuur en vlam en het hul beste met elke item gelewer. Rappies is trots op elke atleet wat deelgeneem het sowel as die skare op die pawiljoen wat vir lekker gees gesorg het,” het skoolwoordvoerder Esme Botha gesê.

Die volgende atlete stap weg met Victrix Ludorum-titels:

• Junior Victrix Ludorum – Anelri Mare (Graad 3)
• Junior Victor Ludorum – Logan Coetzer (Graad 3)
• Senior Victrix Ludorum – Kaylin Rossouw (Graad 7)
• Senior Victor Ludorum – Duran Crous (Graad 4)

Sy het verder vertel dat die titel van die geesbeker met ‘n groot bohaai deur die Koedoes verwerf is maar die Elande het gewys wat in hulle steek en is as die algehele wenners van die dag gekroon.

Die punte was soos volg:

• Elande – 645 punte
• Koekoes – 412 punte
• Springbokke – 357 punte

“Rappies wens elke atleet voorspoed en alle sterkte toe met die res van die atletiekseisoen, hou Rappies se naam hoog!”

Related Articles

Back to top button