Local newsPrimary SchoolSchools

Rappies verwelkom nuwe adjunkhoof

Die 53-jarige Marinus de Beer is onlangs as nuwe adjunkhoof by Laerskool Rapportryer aangestel.

Laerskool Rapportryer is trots om hul nuwe adjunkhoof, Marinus de Beer aan die gemeenskap voor te stel.

Lees ook: ‘n Nuwe, jong adjunkhoof sluit aan by Rappies

Die 53-jarige Marinus is laat in 2022 aangestel by die skool en is baie dankbaar vir die geleentheid om vertrou te word met die rol van adjunkhoof en al die ander verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.

Hy is ook ‘n onderwyser vir graad 6 leerders en bied persoonlike en sosiale welstand as ‘n vak aan.

Lees ook: Jannas verwelkom nuwe jong adjunkhoof

“Ek was bevoorreg om by die volgende skole te kon skoolhou in ‘n tydperk van 31 jaar voordat ek by Laerskool Rapportryer begin het – Laerskool Helderkruin, Pro-Practicumskool, Westgold Primary, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Roodekrans, Ridgevale Primary en Laerskool Ebenhaeser.”

Hy het verskeie vakke aangebied die afgelope 30 jaar wat Wiskunde, Natuur Wetenskap, Sosiale Wetenskap, Ingenieurs Wetenskap, Lewensoriëntering, Rekenaarklasse en Tegnologie insluit.

“Laerskool Rapportryer se beheerliggaam en personeel het verskeie doelwitte bepaal vir die toekoms. Ons wil graag ons gemeenskap dien deur geleenthede vir ons kinders te skep sodat hulle die toekoms kan ingaan en hulle plek volwaardig vol te staan.”

Volgens Marinus is die lekkerste gedeelte om by ‘n skool te werk vir hom die energie wat kinders na ‘n skool bring en die gedagte om te deel in die opgewondenheid, vriendelikheid en talent wat deel vorm van ‘n skool is ‘n groot voorreg asook die wete dat kinders waarmee jy werk op akademiese, sport of kultuur gebied eendag volwassenes gaan wees en dat hulle as onderwysers deel het aan hulle sukses.

“Onderwys was nog nooit so uitdagend nie en samewerking van almal in die gemeenskap is broodnodig om gehalte onderwys te verseker. Die gemeenskap moet seker maak dat norme en waardes (Vrug van die Gees in Galasiers 5 vers 22-23) nie verlore gaan nie.”

Hy het verduidelik dat sukses nie is om ‘n blink materialistiese bestaan te hê nie, maar die ewige lewe by Jesus.

Related Articles

Back to top button