High SchoolSchool sportSchools

Riebeeckrand hou interhuis

Hoërskool Riebeeckrand se interhuis was op en van die atletiekveld propvol talent en groot pret.

Talle Riebeeckrand-leerders het Dinsdag, 17 Januarie op die atletiekveld bymekaargekom vir hul jaarlikse interhuis.

Leerders het aan verskeie items deelgeneem wat onder andere hoogspring, spiesgooi, diskus, gewigstoot, verspring en baan-items insluit.

Lees ook: Rappies spog met vyf seuns in Gauteng-Wes krieketspan

Cappie saam met juffrou Anelle Roux. Foto ingestuur.
Siyanda Mahlangu. Foto ingestuur.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat dirigente ook gees gebou het tydens die byeenkoms met die skool se gelukbringer Cappie, wat tussen leerders beweeg, gedans en gesing het.

“Daar was baie spanbou en spangees tydens die atletiek.”

Hoërskool Riebeeckrand se tema vir vanjaar se interhuis was verskillende lande. Die wit groep was Nieu-Seeland, die oranje groep Jamaika en die blou groep die VSA.

Lees ook: Op julle merke, gereed, gaan!

JC Oberholzer neem deel aan die verspring. Foto ingestuur.

Liane van der Watt is as die wenner van die o17-meisies in die 100m hekkies aangewys terwyl Siyanda Mahlangu die seuns wenner in dieselfde item is.

“Ons nuwe gelukbringer is op Dinsdag, 10 Januarie aan die leerders voorgestel. Hy is spontaan en vol energie. Hy het ook tussen die kinders rondbaljaar.”

Carina het vertel dat hul eerste vriendelike atletiekbyeenkoms op Vrydag, 27 Januarie by Hoërskool Bekker plaasvind. Die skool glo dit sal goed verloop.

Related Articles

Back to top button