High SchoolLocal newsSchools

Riebeeckrand spog met Justin as hul toppresteerder

Justin van Aswegen is die 2022 matriek toppresteerder van Hoërskool Riebeeckrand. Hy het vyf onderskeidings met die moontlikheid van 'n sesde.

Om aangewys as jou skool se toppresteerder bring baie trots en eer.

Dit is hoe die 18-jarige Justin van Aswegen gevoel het nadat hy aangewys is as Hoërskool Riebeeckrand se toppresteer.

Lees ook: Jannas-matrieks van 2022 in die wolke

Die 18-jarige Justin van Aswegen is aangewys as die toppresteer van Hoërskool Riebeeckrand.

“Dit is ‘n groot eer met die wete dat ek soveel intellektuele studente as kompetisie gehad het in Riebeeckrand, alhoewel dit my nie tot verbasing dryf nie te danke aan die uitstekende onderwys wat gebied was.”

Lees ook: Riebeeckrand-matrieks van 2022 in hul noppies

Hy het vertel dat sy matriekjaar baie opwindend was en het verder gesê dat die onbekendheid van wat die toekoms inhou tog potensiële rykheid daarin het wat dit vir hom meer opwekend maak.

Die 18-jarige Justin van Aswegen is aangewys as die toppresteer van Hoërskool Riebeeckrand.

Vir Justin was 2022 ‘n opboudende jaar en dit het vir hom geleer waartoe hy in staat is, en met sy slim tydsberekening kon hy sy matriekjaar ook ten volle geniet.

“Na evalueering blyk dit dat die eindeksamen toe nie só maklik was soos wat dit voorgekom het nie, maar my uitslae is goed genoeg vir my toekomsplanne; ek het vyf onderskeidings, met die moontlikheid van ‘n sesde na my voorgestelde hermerk met 1% te korte.”

Hy het verduidelik dat Wiskunde sy gunstelling vak was, alhoewel hy ook Fisiese Wetenskappe geniet het. Justin het keuring vir Elektromeganiese Ingenieurswese by die Noord-Wes Universiteit gekry en sal later dan so ook die onafhanklike besigheidswêreld betree.

Die een woord om sy matriekjaar op som is ‘onvergeetlik’.

Vir vanjaar se matrieks het hy die volgende om te sê: “Vertrou in God, beplan jou tyd, kies jou afleiding verantwoordelik en gaan mal, doen als, maar doen dit in styl.”

Related Articles

Back to top button