High SchoolSchools

Gemma Botha is Jannas se toppresteerder

Die 18-jarige Gemma Botha het aan die Herald vertel dat dit 'n groot eer en voorreg is om Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder te wees.

Daar was groot blydskap tydens die vrystelling van die 2022 matriekresultate – veral vir Gemma Botha, wat aangewys is as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder.

Die 18-jarige Gemma het aan die Herald vertel dat dit ‘n groot eer en voorreg is om die toppresteerder te wees en sy is baie dankbaar.

Gemma Botha is aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder.

Lees ook: RSS matric class of 2022 did it!

“Dit voel nog onwerklik maar ek sien baie uit na al die geleenthede en uitdagings wat voorlê. Dit was ‘n interessante jaar wat vele uitdagings ingehou het, maar met baie harde werk en ondersteuning van my puik onderwysers en genade van die Here het ek dit daardeur gemaak.”

Sy het verduidelik dat sy goed voorbereid was vir die jaar en het baie hard gewerk, so vir haar het matriek baie goed gegaan. Gemma wil haar BEd Graad in Senior Fase en Verdere Onderwys behaal en indien moontlik ook haar nagraadse honeurs, meesters en doktor’s kwalifikasies.

Gemma Botha is aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder.

Lees ook: Jannas-matrieks van 2022 in die wolke

“Ek glo dit is waar my passie lê.”

Tans het sy drie onderskeidings en het vier vakke wat hul gaan hermerk, so in die toekoms mag dit dalk verander.

Gemma Botha is aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder.

Een woord wat haar matriekjaar opsom is ‘transformerend’. Vir vanjaar se matrikulante het sy die volgende om te sê: “Gee jou alles wat jou akademie aanbetref, hierdie is die een jaar wat die fondasie gaan lê vir die res van jou lewe, dit kan vir jou baie deure oopmaak!”

Related Articles

Back to top button