Local news

Klein Hayden, 9, veg steeds voort

As enige iemand vir Hayden wil help, kan hul haar BackABuddy-blad besoek.

Die negejarige Hayden Forster wat al ‘n paar jaar sukkel met aneurismes het die gemeenskap se hulp nodig om haar lewe makliker te maak.

Haar mamma Elaine het vertel dat Hayden se siekte steeds geen diagnose het nie maar sy word behandel vir ‘n IgG4-verwante siekte.

Lees ook: BackaBuddy en help so vir Leonard

“Ten spyte van alles doen sy nogsteeds baie goed in skool,” het haar ma gesê.

Sy moet ongelukkig binnekort weer ‘n operasie ondergaan.

Lees ook: Fundraiser for woman shot in car in Elandsvlei

“Daar is twee van die ses aneurismes in haar niere wat nou gevaarlik groot is. Hulle wil die bloedtoevoer na dié are afblok sodat die aneurismes nie groter kan word nie, aangesien dit lewensgevaarlik sal wees as dit moet bars.”

Die negejarige Hayden Forster wat al ‘n paar jaar sukkel met aneurismes het die gemeenskap se hulp nodig om haar lewe makliker te maak. Foto ingestuur.

Elaine het vertel dat haar dogter se operasie gaan veroorsaak dat sy van haar nierfunksie gaan verloor en dat die dokters nie kan sê hoeveel van haar nierfunksie geaffekteer gaan word nie.

“Maar God is groot en Hy dra ons gesin nog elke dag en ons weet Hy hou sy hand van beskerming oor Hayden. Ek en my man Jean moet intussen ons laat toets om te kyk of een van ons ‘n geskikte nierskenker sal wees aangesien sy in die toekoms ‘n nieroorplanting sal moet kry.”

Hayden probeer baie hard om elke dag skool toe te gaan, maar haar mamma sê daar is steeds baie doktersbesoeke en toetse wat haar uit die skool hou, en boonop nog die nieroperasie wat voorlê.

Sy hou nogsteeds van gholf en het nou onlangs tennis begin oefen waaroor sy mal is.

“Ons vat dit maar steeds dag vir dag, ons het gelukkig nou baie meer goeie dae as slegte dae, dit bly maar stresvol en moet ons eers diep asemhaal en die situasie mooi bekyk want ons weet nooit wanneer ons hospitaal toe moet jaag nie.”

Elaine het vertel dat die grootste aneurisme in Hayden se brein is uiteindelik na drie stent operasies kleiner en sy hoef vir nou net elke ses maande te gaan vir opvolg skanderings.

“Ons hoop na die nieroperasie dat sy dan nie so gereeld hospitaal toe hoef te gaan nie.”

As enige iemand vir Hayden wil help, kan hul haar BackABuddy-blad besoek: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/hayden-forster

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button