Local news

Geluk met jou 80e verjaarsdag Ouma Elaine!

Familie en vriende het onlangs Tannie Elaine Viljoen van Randgate se 80e verjaarsdag gevier.

Tannie Elaine Viljoen het op Woensdag, 23 November die voorreg gehad om ‘n heerlike verjaarsdag te vier saam met familie en vriende toe sy 80 jaar oud geword het.

Haar dogter, Lee-Ann Kruger, het verduidelik dat haar ma goedhartig is en graag mense en diere help.

“Sy is die beste skoonma waarvoor ek kon vra en gee om vir my. Sy is soos my eie ma,” het haar skoonseun Robert van der Perk vertel.

Tannie Elaine bly al 45 jaar in Randfontein en het een dogter, vier kleinkinders en twee agterkleinkinders.

“Dankie vir al die liefde, omgee en bystand oor die jare. Moeder is een in a miljoen. Mag God ma ryklik seën en nog baie jare by ons wees. Lief Ma oneindig baie,” het Lee-Ann vertel.

Robert wil graag vir sy skoonma dankie sê vir die omgee en ma wees en hoop dat sy nog lank in hul lewens mag wees.

‘Ons by die Herald hoop dat Tannie ‘n wonderlike verjaarsdag gehad het’ – Red.

Elaine Viljoen tydens haar verjaarsdag. Foto ingestuur.
Elaine Viljoen toe sy jonger was. Foto ingestuur.
‘n Lekker partytjie was vir Elaine gehou. Foto ingestuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button