KidsLocal newsPrimary School

Laerskool Rapportryer se leiers vir 2023 is …

'Veels geluk aan elke ouer, leier en hoofleier vir die besonderse mylpaal in jul lewens' – Skoolwoordvoerder.

Laerskool Rapportryer is trots om hul leiers vir 2023 bekend te stel wat hul skool se naam hoog gaan hou in die nuwe jaar.

Skoolwoordvoerder Esmè Botha het vertel dat die nuwe leiers ingehuldig was tydens ‘n spoggeleentheid wat op Dinsdag, 25 Oktober plaasgevind het.

“Die geleentheid was gehou om aan die ouers en leiers te bewys hoe waardevol hul take vir Rappies is.”

Die hoofseun vir 2023 is Anro Geldenhuys met Himone van Heerden verkies as hoofdogter. Zian Botha en Juandre de Koker is verkies as die onderhoofseuns terwyl Nikah Nortier en Shani Boucher die onderhoofdogters is.

“Veels geluk aan elke ouer, leier en hoofleier vir die besonderse mylpaal in jul lewens. Mag u as ouer saam met u kind in die jaar wat volg, veel vreugde put uit die besonderse roeping wat hul te beurt geval het. Rappies is trots op julle.”

Laerskool Rapportryer se leiers van 2023. Foto ingestuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button