Local newsLocal sportSport

RandMark geniet Johannesburg tydens 947 Ride Joburg

Ongeveer 30 RandMarkers het vanjaar se aan die wedren deelgeneem.

Ongeveer 30 fietsryers van RandMark het vanjaar se 947 Ride Joburg aangepak wat op Sondag, 20 November plaasgevind het.

Lees ook: RandMark gereed vir 947 Ride Joburg

Klubwoordvoerder Lee Kotze het gesê dat die groep vroeg-vroeg na die FNB Stadion vertrek het. Gelukkig het die weer ook saamgespeel en was dit ‘n heerlike sonskyndag.

“Soos elke wedren weet mens nie wat vir jou voorlê nie en ongelukkig vir twee van ons RandMarkers was hul wedren verby weens gebarste wiele wat nie reggemaak kon word nie. Vir die res van die groep was die dag ‘n groot sukses met meeste wat beter as hul doelwit tyd gery het en ander wat lesse moes leer.”

Mike Reid, Yolandi Botha en Maude Badenhorst. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat die 947 Ride Joburg uit meer as 1 200m se klim bestaan oor ‘n afstand van 97km, wat die Kyalami-resiesbaan insluit, strek.

“Dit sorg vir groot opwindenheid en na Kyalami lê uitdagende klimme soos Witkoppen, Jan Smits en Zoo Lake voor, maar jy word beloon deur 10km voor die einde oor die Nelson Mandela-brug te ry.”

RandMark het soos gewoonlik lekker gekuier na die tyd en klub- asook familielede het langs die pad gestaan en vir almal gejuig wat oor die eindstreep ry.

Nico Smit het ook sy 25e 947 wedren voltooi. Hy het dus nog aan elke wedren deelgeneem sedert dit in 1997 begin het.

Linda Stander. Foto ingestuur.

“Baie dankie aan die Blue Bottle Liquors-groep wat RandMark en soveel ander atlete vir die dag geborg het.”

Johan ‘Hoender’ Williamson. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button