KidsLocal newsPrimary SchoolSchool sportSchoolsSport

Negejarige se bloed pomp net vir atletiek

Duran Crous het onlangs tydens die huissport eerste plekke behaal in al ses sy items en is tans die Junior Victor Ladorum atleet.

Die negejarige Duran Crous se liefde vir atletiek kan beslis gesien word wanneer dit kom by sy atletiekresultate.

Sy ma Priscilla Crous het vertel dat die graad 3-leerder van Laerskool Rapportryer onlangs met huissport in al ses sy items eerste plekke behaal.

Die ses items waarin hy deelgeneem het is hekkies, verspring, hoogspring, 80m, 100m en 1200m.

“Hy het ‘n uitstekende privaat afrigter, Louise Engelbrecht en sal haar graag ook wil bedank vir haar bydra tot sy prestasies,” het Priscilla vertel.

Sy het verduidelik dat haar seun sportmal is en dra tans ook die junior Victor Ladorum atleet titel.

“Hy lewe nie net vir atletiek nie, maar landloop ook. Hy is ook ‘n groot rugby man en is deel van die Little Lions Academy.”

Related Articles

Back to top button