KidsLocal newsPrimary SchoolSchool sportSport

Op julle merke, gereed, gaan!

Laerskool Randfontein se atlete het alles gegee tydens vanjaar se huissport.

Talle opgewonde Laerskool Randfontein (RAM) atlete van graad 1 tot graad 6, met hul verskillende huissport kleure aan, het op Dinsdag, 18 Oktober aan hul huissport deelgeneem.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat die gees onder die atlete elektries was en die kompetisie het twee nuwe rekords opgelewer.

Lodewyk Marias, Qwen Bierman en Luhandré Harmse hardloop o12 1200m. Foto: Annie Nolan.

Die volgende rekords is verbeter – Rea Phage, 1 200m vir dogters o9 (die rekord het vir 20 jaar gestaan) en Magdaleen Ernst, spiesgooi vir dogters o12.

“Die langverwagte reën het ongelukkig die atletiek so bietjie in die wiele gerol en die hekkies en hoogspring moes die Woensdag klaar gemaak word. Dit het egter nie die atlete se gees gedemper nie.”

Die Senior Victrix Ludorum is aangewys as Rea Phage en die Senior Victor Ludorum is Luhandré Harmse.

Kulani Mashele doen o10 hekkies. Foto: Annie Nolan.

Annie het vertel dat die atletiek by RAM onder die leiding van Rickus Kruger is en dat hy self ‘n atleet is met ‘n besonderse passie vir die sport.

“Hy is nie net besig om RAM se atlete te oefen nie, maar het ook sy eie atletiekklub.”

Sy het verduidelik dat die nuwe graad 1-maats van 2023 gaan weer hul eie spesiale atletiekbyeenkoms hou aan die begin van 2023, sodat hul ook opgeneem kan word in die atletiekspan en na die atletiekbyeenkoms sal die Junior Victrix en Victor Ludorums aangewys word.

Micheal Lombaar vir o12 gewigstoot. Foto: Annie Nolan.

Related Articles

Back to top button