Local sportSportSport

Marilize weet ‘n ding of twee oor netbal

'As afrigter is die beste gevoel om te sien hoe jy jong spelers ontwikkel, beinvloed en soms hul lewens aanraak en hoe hulle sessie na sessie verbeter' – netbal afrigter.

Met meer as 28 jaar se ondervinding weet Marilize Coetzee beslis ‘n ding of twee van netbal.

Die 34-jarige Marilize is die visie president, hoof afrigter en organiseerder van die Randfontein Netball Coaching Academy. Hul gebruik tans die Greenhills Ringbalklub se bane om te oefen.

“Ek het ‘n groot passie vir netbal, al van kleins af. Dit is uitdagend, baie hard en kompeterend op verskillende vlakke en dit verg ook slim-dink en speel.”

Sy het vertel dat as speler ontmoet mens soveel nuwe mense en nuwe vriende deur die jare en leer soveel by verskillende spelers en afrigters.

“As afrigter is die beste gevoel om te sien hoe jy jong spelers ontwikkel, beinvloed en soms hul lewens aanraak en hoe hulle sessie na sessie verbeter.”

Die akademie help met die ontwikkeling van spelers deur individuele sessies tussen die ouderdomme van 8 tot 18 aan te bied, asook maandlikse groepsessies. Die akademie was gestig om spelers by te staan met verskeie netbalvaardighede, oefeninge, spelreëls en fiksheid deur die jaar.

Met die akademie wil Marilize graag ‘n verskil maak in die dorp as dit kom by netbal.

“Ek kry baie navrae waar ek agter kom dat kinders nie meer reg ontwikkel word tot hulle volle potensiaal van kleins af nie, asook nie die nodige aandag kry in swakker areas nie, dit word verwag dat hul net reg moet wees jaar na jaar en soos hul ouer word en op skuif na hoër vlakke waar hierdie vaardighede baie nodig is.

Om meer uit te vind oor die akademie, skakel vir Marilize op 079 089 3617 of stuur ‘n epos na randfonteinnetballclub@gmail.com.

Related Articles

Back to top button