EntertainmentLifestyleLocal news

Judy steek verskeie titels in die sak

Plaaslike inwoner Judy van Wyk was onlangs Jnr Teen Miss Johannesburg 2023 gekroon.

Plaaslike inwoner Judy van Wyk was onlangs Jnr Teen Miss Johannesburg 2023 gekroon tydens die Jnr/ Teen Mr & Miss Johannesburg modelkompetisie by die Indaba Hotel in Sandton op Saterdag, 15 Oktober.

Die 19-jarige het vertel dat dit ‘n heerlike aand was.

“Ek het baie nuwe mense ontmoet en dit was soveel pret. Op dieselfde tyd was dit baie stresvol, en oorweldig maar ek het een amazing support sisteem gehad.”

Haar prestasies is soos volg:

• Jnr Teen Miss Johannesburg 2023
• Teen Miss Gauteng 2023
• Debutant Achievement
• Philanthropist Achievement

Judy het vertel dat sy werklik trots is op haarself oor haar prestasies en sy het aan haarself bewys dat harde werk wel beloon word. Maar sy sê sy sou nie so goed presteer het sonder almal wat haar ondersteun het nie, en ook haar motto wat sy heeltyd vir haarself gesê het – Filippense 4:13, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”.

“Model is ‘n passie en met elke kompetisie kry jy nuwe ervaring. Ek het besluit om deel te neem want dit is ‘n groter kompetisie as waaraan ek gewoond is en mens moet altyd ‘n trappie opklim om verder te kom – jy kan nie altyd op dieselfde vlak bly nie.”

Sy gaan steeds betrokke bly by die gemeenskap en die plek wat baie na aan haar hart is – die Wings of Inspiration Elderly Care Centre.

“My toekomsplanne is om my eie modelskool oop te maak en jonger meisies te help wat sukkel met selfbeeld en hulle help om hulle passie uit te leef.”

Related Articles

Back to top button