Schools

Jannas presteer puik tydens jukskeiseisoen

Die Wes-Rand (Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Riebeeckrand en Laerskool Rapportryer) het as algehele wenners geëindig en die Noordvaal-trofee gewen.

Hoërskool Jan Viljoen is trots op hul jukskeispan wat so puik gevaar het tydens vanjaar se jukskeiseisoen.

Spanbestuurder Magriet Botha het vertel dat Jannas Jukskei die trofee as algehele wenners vir hoërskole ontvang het.

Die onderskeie spanne het as volg in die skoleliga presteer:

• o.16A dogterspan behaal ‘n eerste plek
• o.19A seuns behaal ‘n derde plek
• o.19A dogters behaal ‘n eerste plek

Die twee dogterspanne het aan die Direkteurstoernooi op Saterdag, 17 September in Middelburg deelgeneem waar die o.16-span algeheel tweede geëindig het en die o.19-span vyfde.

“Die Wes-Rand (Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Riebeeckrand en Laerskool Rapportryer) het as algehele wenners geëindig en die Noordvaal-trofee gewen.”

Angelique Aeres (kaptein); Ruan Croucamp van John Dory’s Randfontein wat ‘n mildelike bydrae gelewer het tot die sukses van Jannas se spogspanne; Magriet Botha (spanbestuurder) en Karmien van Coller (kaptein). Foto verskaf.

Related Articles

Back to top button