Local sportSport

Een prestasie na die ander vir Wesrand Hengelklub

Talle lede van die Wesrand Hengelklub is onlangs vir hul prestasies vereer by die Sterkfontein Heritage Lodge.

Die Wesrand Hengelklub het in Augustus hul jaarlikse prysuitdeling by die Sterkfontein Heritage Lodge gehou. Lede is onder andere met pryse vereer vir hul prestasies gedurende die jaar.

Die top drie mans was Johan Mostert, Abrie van Molendorff en Braam van Molendorff in die eerste drie plekke. By die vroue het Chantelle Venter, Magda Opperman en Marietjie Strydom die drie hoogste plekke beklee.

Dylan Opperman is dié jaar se junior kampioen.

Die hengelaar wat die meeste vis vir die jaar gevang het was Mostert met 76 visse terwyl die grootste vis aan Abrie van Molendorff behoort het en 42.038kg swaar was.

Die vis van die jaar is deur Zak Vermaak gevang toe hy ‘n 10.309kg-graskap uitgetrek het.

Ernie Farkas spog met sy trofee en sertifikaat wat hy by Anja Meyer ontvang het.

Mostert is aangewys as die klub se hengelaar van die jaar. Die klublede het tydens die funksie ‘n baie spesiale verjaarsdag gevier. Hul voorsitter, George Wheeler het vanjaar 70 jaar oud geword en hulle het vir hom ‘n koek laat bak en gesing omdat hy die mylpaal bereik het. Dylan Opperman, Miguel Menino en Arno van Molendorff was die top drie juniors vir die afgelope seisoen.

Lede kan nou na ‘n opwindende seisoen uitsien wat reeds op 17 September afgeskop het. Daar is aangekondig dat ‘n bekende hengelaar in Oktober saam met die klublede gaan hengel.

Hulle verwelkom ook nuwe lede en as jy belangstel kan jy vir Anja Meyes skakel by 076 729 2801 om aan te sluit.

Miguel Menino het die pryse ingeryg.
Danica Norval is as die mees <br />belowende dogter aangewys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button