Schools

Riebeeckrand HRD Crew verwerf eerste plek by Roodepoort Dance Festival

Die groep is ook aangewys as die algehele beste dansgroep in die skole-afdeling.

Dans is duidelik in dié Hoërskool Riebeeckrand-leerders se bloed want hulle het onlangs die skool se naam hoog gehou.

Die HRD Crew het op Maandag, 12 September aan die Roodepoort Dance Festival deelgeneem waar hulle ‘n eerste plek behaal het. Skoolhoof Annelize van den Berg het vertel dat die groep ook aangewys is as die algehele beste dansgroep in die skole-afdeling.

Ons is baie trots op die dansgroep want hulle oefen ure lank tot laat saans. Hulle het ook aan die Westrand Carnival deelgeneem en ‘n derde plek gekry. Ons sê graag dankie aan hul afrigter Larisha van Wyk.”

Related Articles

Back to top button