Schools

RAM se revue het nie brieke nie

Laerskool Randfontein het hul eerste revue in twee jaar gehad en dit was 'n reuse sukses gewees, van dekor tot die wonderlike handgemaakte kostuums.

Fantastiese kostuums, lekker musiek en tonne glimlagte was die bestanddele van die onvergeetlike revue by Laerskool Randfontein.

Lees ook: Ram se Soetkysie-revue ‘n treffer!

Radio Sonder Brieke was die skool se eerste revue in twee jaar nadat dit as gevolg van die pandemie uitgestel is. Die leerders en almal wat daarby betrokke was het behoorlik die krane oopgedraai en dit was iets besonders om te beleef.

Ontlametse Mpongo.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat daar ‘n verskeidenheid musiek was om in almal se musieksmaak te val.

Juffrou Riekie Gerber het die revue geskryf en daar was sewe vertonings.”

Die onderwysers het self al die kostuums en bybehore gemaak of aangekoop sodat die leerders op hul beste kon lyk.

Shaylin Potgieter.

“Die kinders het dit ongelooflik geniet en hulle het hulself uitgedans op die verhoog.”

Annie het gesê dat almal dit geniet het en dat hierdie revue ‘n reuse sukses was.

Rognin de Jongh.
Lesedi Kgosane.
Anco Broodryk.
Milan van Staden.
Jordan Harvey.
Jessica Kemp.
Xanthe Pietersen.
Tiane Joubert.
Jenine Hörnemann.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button