Municipal

BRIEF: Groot gat in pad iets van die verlede

'n Groot gat in die pad in Kameelstraat, Greenhills is herstel danksy die Herald se artikels, inwoners se Facebook-plasings en druk van die UIM Brackenfell in Kaapstad.

• Milissa Smit van die United Independent Movement (UIM) skryf:

Op 7 Augustus vanjaar het die United Independent Movement (UIM) vir Lientjie Engelbrecht gekontak ivm ‘n Facebook-plasing aangaande die padskade voor haar huis in *Kameelstraat, Greenhills.

*Daar is genoem dat die skade in Tierstraat was, maar in werklikheid is dit in Kameelstraat. Die huis staan op die hoek van Tier- en Kameelstraat – Red.

Die onvoltooide pad-probleem duur al voort sedert April 2022. In Lientjie se artikel maak sy melding van talle eposse en oproepe aan die munisipaliteit rakende die aangeleentheid om dit op te los.

Hierdie briefskrywer van die UIM Brackenfell, Kaapstad (ook op die NUK van die UIM), het vir Albert Oberholzer gekontak wat in Randburg (deel van UIM NWC) woon. Ons het eposse aan die Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit begin stuur.

Die Facebook-plasing deur die inwoner. Foto ingestuur.

Lientjie het intussen kontak gemaak met die munisipaliteit, waarop hulle belowe het dat die pad herstel sal word.

Teen 25 Augustus 2022 het Lientjie vir ons in kennis gestel dat die herstelwerk aan die pad mooi vorder. Teen 13 September kan ons met groot vreugde en blydskap sê dat die groot gat in die pad nou iets van die verlede is.

Die Herald het op die voorblad van sy 17 Junie-uitgawe ‘n foto geplaas van Sylvester Engelbrecht wat by ‘n groterige gat in die pad gestaan het. Ons het toe in ‘n opvolgberig met opskrif Munisipaliteit se gat word ‘n modderdam gerapporteer hoe die gat groter geword het — Red. (Brief geredigeer.)

Related Articles

Back to top button