School sportSchoolsSport

Hasie-ore oftewel mini-krieket by RAM

Vyf skole het die middag by Laerskool Randfontein kom geniet en lekker krieket gespeel.

Laerskool Randfontein het ‘n minikrieketdag op hul skool se velde gehou en talle skole genooi om die dag te geniet.

Organiseerder Francois Keyter het vertel dat die dag ‘n sukses was.

Liam Botha hardloop vinnig om ‘n lopie aan te teken. Foto: Michelle Roodt.

Skole wat die minikrieketdag op Woensdag, 17 Augustus bygewoon het was Laerskool Rapportryer, Laerskool Gerrit Maritz Primary, Laerskool Westgold Primary, Randfontein Primary School, Toekomsrus Primary School en Laerskool Randfontein.

Hayden Vries geniet homself tydens die minikrieket. Foto: Michelle Roodt.

“Dit is lekker om te sien hoe kinders dit geniet en hul harte uitspeel, want dit is tog waar die kinders ‘n liefde vir die sport begin kry.”

Landrè van Zyl slaan ‘n hou. Foto: Michelle Roodt.
Damian McCarthy konsentreer hard. Foto: Michelle Roodt.

 

Zarion Venter hou sy oog op die bal. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button