Sport

RandMark pak taai Infinite Racing 6 Hour Fun Cup

RandMark hou van uitdagings en dit is presies wat 'n bergfietswedren in Muldersdrift van ses uur lede onlangs gebied het.

Daar was tonne pret maar meestal uitdagings vir RandMark-fietsryers wat onlangs die Infinite Racing 6 Hour Fun Cup aangepak het.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat die fietsren op Saterdag 9 Julie by Kings Kloof Trails in Muldersdrift plaasgevind het.

Linda Stander en Thinus Forbes besig om ‘n fiets reg te maak. Foto verskaf.
Maritsa Minnie, Bruce Minnie, Lanese Forbes, Yolandi Botha, Marius van Tonder en Bertie Nel. Foto verskaf.

“Die 6 Hour Fun Cup is ‘n bergfietswedren met ‘n bietjie van ‘n twist. Dit word gereël deur Infinite Racing se JC Nel, en bergfietsryers begin om 07:30 en ry dan totdat die ses uur verby is.”

Sy het verduidelik dat deelnemers kan kies om dit solo, of in ‘n span van twee, drie of vier te doen.

Linda Stander op haar fiets. Foto verskaf.

RandMark het een span van drie en een span van twee ingeskryf, en vyf RandMark-lede het die dag solo aangedurf. Lee het vertel dat die doel was om te kyk hoeveel rondtes jy as span of individu binne die ses uur kon voltooi. Een rondte was 6.6km lank, maar met meer as 100m se klim per rondte.

“Die roete het bestaan uit klippe, skerp draaie, afdraandes, nou brûe asook ‘n water cruising. Elke rondte het op die gras geëindig, wat elke deelnemer nou vir jou kan sê was nie maklik om te ry nie.”

Lee Kotze en Tiaan Smit vol stof. Foto verskaf.

Jan Kotze het na die wedren gesê dat dit ‘n regte bergfietsroete was en dit het gesorg dat ‘n mens nie verveeld raak deur heeltyd dieselfde dinge oor en oor te doen nie.

Lee het gesê dat met gesigte vol stof en fietse vol modder het RandMark soos gewoonlik na die tyd lekker gekuier en almal is ingelig oor elke gebeurtenis terwyl daar gesmul is aan ‘n worsbroodjie of twee.

Related Articles

Back to top button