Local newsNews

RandMark hou speletjiesaand

Die lede kom eenkeer 'n maand bymekaar om lekker saam te kuier.

RandMark het ‘n speletjiesaand op Donderdag, 7 Julie gehou sodat die lede die aand saam kon geniet.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het verduidelik dat die RandMark-lede eenkeer ‘n maand bymekaar kom om lekker saam te kuier.

“Vir Julie se sosiale aand het RandMark-klubhuisverteenwoordiger Jan-Hendrik Visser iets ekstra ingebring in die vorm van ‘n speletjiesaand.”

Marius van Tonder en Jan-Hendrik Visser geniet die aand. Foto ingestuur.

Volgens Jan-Hendrik was dit tyd om die sosiale aande op te kikker en hy het gedink dat speletjies vir groot pret sou sorg.

Dit was inderdaad groot pret en daar is tot laataand gespeel en gelag. Aangesien dit ook skoolvakansie is, was die speletjies gemik op die hele gesin,” het Lee vertel.

Deelnemers moes met mekaar meeding om deur te dring na die volgende rondtes. Daar is mini-pool, tafeltennis, vingerbord, veerpyltjies, en handjietennis gespeel, en in die semifinale en finale rondtes is daar waterpong gepeel.

Bruce Minnie speel pool. Foto ingestuur.

“Ons het lekker gelag vir mekaar se foute en mekaar ge-high five vir ‘n wen. Almal se naels was in die laaste paar rondtes afgekou, veral toe dit begin lyk het of ‘n negejarige almal gaan platvee.”

Marius van Tonder het toe die laaste speeletjie gewen.

Die doel van die sosiale aande is om die klublede nader aan mekaar te bring. Ons gebruik die sosiale aande om mense te betrek wat nie gereeld by ons klub aktiwiteite kan wees nie sodat hulle steeds deel kan voel van die klub. Daar is vroëer vanjaar besluit om dit ‘n maandelikse geleentheid te maak.”

Lee het gesê die aand se verrigtinge begin gewoonlik met ‘n 2km-, 4km-, 6km- of 8km-hardlooptydtoets en dit is ‘n lekker manier om te sien hoe atlete van een maand tot die volgende maand verbeter het.

Jonathan Leeming in aksie tydens die tafeltennis. Foto ingestuur.

“RandMark is ‘n familie wat vir mekaar omgee, sorg, ondersteun en toejuig. As jy voel jy wil begin fietsry of hardloop, kontak ons gerus, ons sal jou met ope arms verwelkom en ook ‘n helpende hand aanbied as jy sukkel.”

Related Articles

Back to top button