Local newsNews

RandMark neem deel aan Tarlton Gardens MTB-wedren

Drie klublede het ook podiums behaal tydens die wedren.

RandMark het onlangs aan die eerste Tarlton Gardens MTB-wedren deelgeneem.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat RandMark goed verteenwoordig was tydens die wedren op Sondag 3 Julie.

Jan en Lee Kotze tydens die wedren. Foto ingestuur.
Jan Kotze is opgewonde oor die wedren. Foto ingestuur.

“Vir ons was dit net om die draai en die roete het meestal bestaan uit paadjies waarop ons gereeld oefen. Maar moenie dat dit jou flous nie; dit was vir RandMarkeen een van die moeilikste wedrenne tot dusver op die kalender.”

Sy het verduidelik dat die paaie ‘rof op die lyf’ was, die klimme styl en die afdraandes vol klippe wat hul konsentrasie tot die uiterste getoets het.

Maritsa en Bruce Minnie. Foto ingestuur.

“Van ons ryers het verdwaal en die pad ‘n paar keer byster geraak; ‘n ander een het weer twee pap wiele gekry; en ‘n plaas of twee is ook op die roete gekoop.”

Die uitdagende roete was darem nie net sleg vir RandMark nie want drie klublede het podiumplekke behaal. Burrie Smit was eerste in sy ouderdomgroep, Annamarie Jacobsz was algeheel tweede, en Paul Kotze was derde in sy ouderdomsgroep.

Hulle was ook geseën met een van die warmste winstersoggende in ‘n lang tyd.

Marius van Tonder met ‘n medalje. Foto ingestuur.

Lee het vertel dat deelnemers kon kies tussen die 70km-, 40km- en 20km-roete. Dit was een van die klub se genomiseerde wedrenne wat beteken dat lede punte kry vir posisies en deelname, wat dan aan die einde van die jaar die klubkampioen sal bepaal.

“Ons is trots op elke deelnemer wat die winterweer trotseer en aan die klubaktiwiteite deelneem.”

Related Articles

Back to top button