Local sportSport

Plaaslike veerpylspelers maak hele Wes-Rand trots

Talle spelers van die Mogale Darts Association is gekies vir die SA-span terwyl die Wes-Rand span ook uit talle lede van onder andere die Rand West Darts Association bestaan.

Elf spelers van die Mogale Darts Association is onlangs gekies om deel te vorm van die Suid-Afrikaanse span.

Die ses mans en vyf vroue het in Mei gehoor dat hulle deel sal vorm van die SA-span nadat hulle tydens ligawedstryde punte opgebou deur teen mekaar te speel. Die puntetelling het gesorg dat hulle vir die Gauteng- en die Suid-Afrikaanse span gekies kon word. Die SA Kampioenskappe vind van 4 tot 8 Julie by die Ellis Park Indoor Arena plaas.

‘n Hele paar van die spelers is ook vir die Distrikspan gekies toe hulle op 12 en 13 Maart in Welverdiend gaan deelneem het. Die Wes-Randse span bestaan uit lede van die Mogale Darts Association, die Rand West Darts Association en die Merafong Darts Association. Elke assosiasie stuur dan hul top 10-mans en top 8-vroue om oor twee dae aan die proewe deel te neem. Daarna word die spelers gekies wat op 14 en 15 Mei, en 21 en 22 Mei die Distrik by die Gauteng-kampioenskappe verteenwoordig het.

Ses van die klub se mans en ses vroue is ook vir die Distrikspan gekies.

Mitchel Minnie, Nel Huyman, Sam Junior Pretorius, Jaco Breed, Lenton Fourie, Christo Visser en Wayne Kruger is lede van die SA-manspan.

Cindy Kruger het vertel dat hul klub baie goed vorder en dat hulle nog tien spelers wat mans, vroue en juniors insluit, bygekry het.

Na die SA Kampioenskappe begin die liga weer van voor af en die klub se volgende groot toernooi is die Gauteng Currie Cup-kampioenskappe wat op 21 en 22 Augustus, en 28 en 29 Augustus plaasvind.

Mitch Minnie en Micaela Slabber van die klub het ook hierdie jaar hul Gauteng-kleure verwerf. Nel Hayman van die klub is verkies as die bestuurder van die provinsiale Mans Meesterspan, Marie Slabber is aangewys as die bestuurder van die provinsiale Dames Meesterspan, en Ronel Hayman, die algemene sekretaresse van die Mogale Darts Association en die sekretaresse vir die Wes-Rand Distrik is verkies tot president van die Gauteng Darts Federasie en die gasheerpresident van die Gauteng Kampioenskappe.

Christo de Klerk is ‘n lid van die SA-span. Foto: Ingestuur.

Related Articles

Back to top button