CrimeNews

Word so deel van die GPF

'Ons vra dat mense deel word van die GPF. Mense kry swaar en misdaad kruip uit waar ons dit nie verwag nie.'

Aangesien die dorp gereeld onder misdaad deurloop kan jy ‘n verskil maak.

Henry Boyce, die GPF-bedryfskoördineerder en sy span het verduidelik hoe jy deel kan word van die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Ons vra dat mense deel word van die GPF. Mense kry swaar en misdaad kruip uit waar ons dit nie verwag nie.”

Volgens Henry loop veral Greenhills, Homelake, Randgate en Culemborgpark onder misdadigers deur.

Wat word van jou as GPF-lid gevra?

• Een skof in ‘n week. Jy ry een aand in die week gedurende jou skof en patrolleer. Jy word voorsien van die nodige toerusting en uitrusting.

“Met julle samewerking kan nog manne en vroue deel word van ons groep sodat ons sterker kan word om misdaad te bekamp en uit ons areas te hou. As jy nie ‘n voertuig het nie is daar geleenthede om saam met ander te patrolleer as ‘n medebestuurder. Vele oë en ore is beter as een,” het Henry afgesluit.

• Navrae: Henry by 073 444 5864.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button