Local newsNews

BRIEF: Sal die Randfontein Verkeershoof dié keer reageer, asseblief?

'Ek versoek dat die Randfontein Verkeershoof asseblief dié keer op my brief sal reageer en antwoorde aan die inwoners van Randfontein verskaf'.

• Bekommerde inwoner skryf:

Ek wil graag die volgende vrae aan die Randfontein Verkeershoof vra:

Ek wil graag weet wanneer die verkeersreëls verander het.

Lees ook: BRIEF: Berugte verkeerslig: Help ons motoriste en dorpenaars!

Dis lyk vir my of mens maar stoptekens kan ignoreer en of jy maar op die voertuig voor jou se stert kan sit as jy deur ‘n kruising met verkeersligte ry. (Dit gebeur voor die verkeersbeamptes se oë.) As ek by ‘n stopteken of ‘n rooi verkeerslig stilhou, kyk ander motoriste vir my of daar iets fout is met my. Is dit nie die Verkeersdepartement se werk om te sorg dat motoriste die verkeersreëls gehoorsaam nie? Waar is die wet en orde in hierdie dorp?

Ek het voorheen al ‘n soortgelyke brief in die koerant laat plaas en daar was geen kommentaar van die Verkeersdepartement nie.

Geld daar ander reëls vir taxibestuurder wat niemand anders in ag neem nie? (Ek kry hul passasiers jammer.)

Ek versoek hiermee dat die Randfontein Verkeershoof asseblief dié keer op my brief sal reageer en antwoorde aan die inwoners van Randfontein verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button