School sportSport

Jong atleet behaal groot sukses

Carmi Potgieter blink uit in die 1500m tydens die SA kampioenskappe in Potchefstroom.

Op slegs 12-jarige ouderdom het ‘n plaaslike atleet al talle prestasies agter haar naam.

Carmi Potgieter se liefde vir die sport het van kleins af begin ontwikkel en sy is glad nie bang om hard te werk vir dit wat sy wil bereik nie.

Sy het onlangs deelgeneem aan die SA Kampioenskappe wat van Donderdag, 24 Maart tot Saterdag, 26 Maart in Potchefstroom plaasgevind het. Sy het aan die 1500m vir dogters o.13 deelgeneem, en in die finaal 11de in die land geëindig.

Haar atletiekafrigter, Rikus Kruger rig haar ook af in landloop, en sy beskou hom as haar rolmodel en mentor. Sy het reeds D2-kleure in landloop verwerf.

Sommige van Carmi se prestasies:

• In 2017 is sy as graadeentjie as die junior victrix ludorum aangewys
• In 2018 eindig sy vierde in die Gauteng Finale vir die 1 200m
• In 2019 eindig sy vyfde in die Gauteng Finale vir die 1 200m, en word dieselfde jaar as die victrix ludorum aangewys
• In 2022 neem sy deel aan die 800m in die Gauteng Finale en eindig derde in die 1500m. Dieselfde jaar neem sy deel aan die SA Kampioenskappe en eindig 11de

Ek hou van atletiek want dit leer my om aan te hou al is jy moeg,” het Carmi vertel. Sy hou meer van die langer as die korter afstande.

Sy het ook gesê dat sy besef het dat atletiek iets is waarin sy goed is, en dat dit vir haar lekker is.

Related Articles

Back to top button