NewsSchools

RAM leer hoe om lewens te red

Die leiers van Laerskool Randfontein het onlangs 'n noodhulpkursus bygewoon en geleer hoe om op te tree wanneer die situasie dit vereis.

Laerskool Randfontein se leiers het die eerste kwartaal op ‘n goeie en hulpvaardige manier afgesluit.

As deel van leierontwikkeling het die leerders ‘n noodhulpkursus bygewoon wat aangebied is deur ActServSolutions in samewerking met Absolute Health Services (AHS).

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat die fasiliteerder, Ronnie Zwane, uitstekend was met die leerders en het hulle geleer om baba’s en volwassenes by te bring, dit wil sê CPR toe te pas.

“Elkeen het die geleentheid gekry om dit ook prakties te oefen en het na afloop van die noodhulpkursus ‘n pragtige sertifikaat ontvang.”

Hennie Schutte, Drew Phillips, Edith Swart en Joshua Wolmarans met hul oplossing vir die eierval. Foto ingestuur.

So tussen die noodhulp deur is daar ook spangebou waartydens die leiers met slim tegnieke ‘n eier veilig van die eerste verdieping af moes laat val sonder dat dit breek.

Dit was nou vir jou ‘n storie, Meneer Jano Lourens het die leiers verstom met die oplossing. Tydens die spanbou is die leiers se hande ook aan mekaar vasgebind en hulle moes saamwerk om hulself daaruit los te maak.”

Die leiers is ook bederf met ‘n noodhulpsakkie wat die Randfontein Dierehospitaal geborg het en nou kan hulle met selfvertroue iemand help wat seergekry het.

“RAM is baie dankbaar teenoor die borg, want met die hulp van plaaslike besighede kan ons ons leerders na nog groter hoogtes lei.”

Die noodhulpsakkies wat elke leier ontvang het. spesiaal met elkeen se naam daarop. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button