Local newsNews

Mrs Randfontein 2021: Sy wou en sy het die titel gekry

Sonika Bronkhorst van Venterspos is onlangs as die nuwe Mev Randfontein gekroon.

“Ek wil, ek sal, ek kan.”

So sê die nuut gekroonde Mrs (Mev) Randfontein Sonika Bronkhorst. Met die titel agter haar naam het dié 25-jarige eienaar van ‘n spyseniers- en partytjiebeplanningsbesigheid groot uitreikplanne vir die dorp.

Lees ook: The winners of Krugersdorp/ Randfontein Pageants 2021 are …

“Jong meisies en kinders is vir my baie belangrik. Ons moet hulle bewus maak dat as jy besluit om iets te doen, jy dit kan doen ongeag jou velkleur, rykdom, waar jy bly of watter grootte rok jy dra. Ons almal kan ‘n verskil maak in iemand se lewe deur die regte keuses te maak,” het sy vir die Herald verduidelik.

Sonika wil nog nie die besonderhede van die projekte gee waarmee sy besig is nie, maar sal dit doen sodra alle finale reëlings getref is.

Wat voorlê kan net ons Skepper bepaal. Hy lê dit op my pad. My geloof in God het my gebring tot waar ek is. Die nood van ander, veral weerlose kinders, dryf my om ‘n verskil te maak in ander se lewens.”

Sonika het haarself as mense-mens beskryf en geniet dit om oral geselsies aan te knoop, ander te laat glimlag, komplimente uit te deel en selfs raad te gee. Sy het twee kinders, en haar dogtertjie Mickayla Bronkhorst is as Miss Petite Randfontein gekroon.

Sy is besonder dankbaar teenoor Dalien Steenekamp, ‘n voormalige Mev Randfontein.

“Dalien was ‘n uitstekende mentor wat my gedra het. Sy was my wingman en het my deur baie moeilike take en besluitneming gelei, en soos familie geword. Dit het harde werk geverg om die titel te wen … laat aande maar oop hande. Looks en good glam besorg jou nie die titel nie. Jy moet ‘n hart hiervoor hê want jy kry te doen met gebreekte mense en dinge. Jou hart moet skreeu ‘ek wil, ek sal, ek kan’ voordat jy jouself in so iets begewe.”

‘n Trotse Sonika Bronkhorst, die nuwe Mev Randfontein. Foto ingestuur.

Hier is die wenners:

Mrs Randfontein:
• Mrs Randfontein 2021 – Sonika Bronkhorst
• Mrs Randfontein 2021 1st Princess – Margareth Jonker
• Mrs Randfontein 2021 2nd Princess – Lizelle Kannemeyer
• Mrs Randfontein Photogenic 2021 – Sonika Bronkhorst
• Mrs Randfontein Personality 2021 – Lizelle Kannemeyer
• Best dressed – Sonika Bronkhorst
• Debutant – Sonika Bronkhorst
• Best gift – Margareth Jonker
• Public choice – Margareth Jonker
• Best ramp – Sonika Bronkhorst

Mrs Curvè Randfontein:
• Mrs Curvè Randfontein 2021 – Marinda Troskie
• Best dressed – Marinda Troskie
• Best gift – Marinda Troskie
• Best ramp – Marinda Troskie

*Die Herald vra om verskoning dat daar nie van twee van bogenoemde kategorieë melding gemaak is in ons 25 Maart-uitgawe nie. Dit was nie opsetlik nie. — Ed.

Related Articles

Back to top button