Local sportSport

Teine baas teen Germiston in eerste ligawedstryd van 2022

Randfontein Rugbyklub het hul liga op 'n hoë noot afgeskop en al drie hul kragmetings teen Germiston Simmers gewen.

Randfontein Rugbyklub se pawiljoene was volgepak met toeskouers vir hul eerste ligawedstryd van die seisoen. Hul teenstanders op Saterdag, 5 Maart was Germiston Simmers.

Lees ook: Three out of three for Teine against Wanderers

Teine het ook nie teleurgestel nie en al drie hul spanne, die o.20’s, tweede- en eerstespan wat aan die wenkant. Randfontein se o.20’s het Germiston 24–5 afgestof.

In die tweedespan se kragmeting het Teine gemaklik 29–9 gewen en gesorg dat die opponente glad nie ‘n drie kon druk nie. Losskakel Ewald Oberholzer was boonop in die kol deur met drie strafskoppe en ‘n doelskop te slaag. Hy het ook die spel goed beheer, ‘n drie gedruk en altesaam 16 van sy span se punte aangeteken.

Bennie Beyleveld behou besit. Foto: Michelle Roodt.

Ander drieë vir die tweedespan is gedruk deur Ruan Pieterse en Kevin de Jager.

Randfontein Rugbyklub se Direkteur van Rugby, Hennie van Eck het vertel dat tydens die grootste kragmeting van die dag die eerstespanflank Herman van Eck orals was en beloon is met ‘n drie, terwyl Franco Tiedt en Swys Pretorius in die agterlyn vir Teine uitgeblink het.

Drieë vir die Teine se eerstes is gedruk deur Rudi Marx, Swys, Itu Mpete, Steff Calitz, Herman en Tiaan Nel.

Ewald Oberholzer skop pale toe. Foto: Michelle Roodt.

Die reën wat laatmiddag uitgesak het, het nie die eerstespan gekeer om Germiston op hul plek te sit en met 36–7 te seëvier nie.

Teine se volgende tuiswedstryd is teen Phantom Knights op Saterdag, 26 Maart.

Billy Brits rank hoog in die lynstaan. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button