Local newsNews

BRIEF: Berugte verkeerslig: Help ons motoriste en dorpenaars!

Hoekom kan verkeersbeamptes nie die verkeer beheer by die berugte R28/ R41-kruising in Uitvalfontein nie? So vra ' bekommerde inwoner..

• Bekommerde Randfonteiner skryf:

Ek is seker julle kry genoeg klagtes oor die berugte R28/ R41-kruising in Uitvalfontein waar die verkeerslig seker nog nie een keer gewerk het hierdie jaar nie.

Dit is erg steurend en vat baie tyd en onnodig petrol en diesel. Daar is nou soveel meer voertuie op die paaie. Waar is Randfontein se verkeersmanne en -vroue? Hoekom kan hulle nie die verkeer beheer nie, veral in spitstye van 06:00 tot 08:00 en dan weer van 16:00 to 18:00?

Krugersdorp se Verkeersdepartement hanteer die verkeerslig by West Villiage en die stop by die mynhope waar jy afdraai Krugersdorp toe. Gooi Randfontein nou net handdoek in?

En dan praat ons nie eers van die baie trokke by die kookoliefabriek af tot by ‘n bekende kleinhandelaar nie.

Help ons medemotoriste en dorpenaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button